top of page
Screenshot_20250310_192309_edited.jpg

hartlik welkom!

_D0A3705_edited.jpg

(Jo)Landé

Ek is 'n iets-van-als-doener en ek lief dit só!
Ek is Mamma, ek skryf, praat, verf, maak mooi en winkel so tussendeur die wasgoed, skoolgoed en kosmaak. 

Jy kan my in 'n wip vang met 'n litchi; ek geníét ons mooiste taal met sy uitsonderlik unieke woorde; ek raak ordentlik opgewonde oor 'n naam en sy betekenis(se); ek is mál oor 'n 'musical'; het 'n diép sagplek vir 'n koortjie; ek praat my hakkel héél mis; skuif ons meubels kort-kort rond, verf die mure (wéér) oor, want ek líéf kleur; ek pak kaste reg, want dis vir my lekker; ek lees nie instruksie blaadjies nie; hoogtes maak my palms klam; ek soek nog steeds 'n pakkie Kreols; varsgebakte brood met regte botter is my swakplek en geduld nog dikwels my haakplek; kinderHARTige opregtheid se eenvoud is vir my mooi en my hartsbegeerte is om eendag te mag hoor - 'Well done good and faithful servant!' 

Welkom op die Makskaap-blad. 

DIE REDE

BeaSabet

Jý Kies!

Ons oudste dogter BeaSabet, binnekort 15, is gediagnoseer met Globale Ontwikkelings-Agterstand. Hier in die platteland, ken ons die uitdagings met en beperkings op die geleenthede beskikbaar vir die kinders soos sy góéd.

 

Makskaap-produkte diens tans die doel as blootstelling- en bewusmakings-'materiaal', in-ons-huis-'opleiding' en bou aan 'n klein onderneming vir haar soos sy grootword en dalk moontlik ook 'n spasie in die toekoms waar die 'anners'-kinders van ons area, sáám kan leer en vaardig word in hul eie unieke belangstellings en talente, om ook hulle híérwees ten volle te kan lééf! 


So baie hartlik welkom by ons blad! 
Loer gerus deur en laat ons weet hoe en waarmee ons jou kan help! 

11688904917369095490.JPG
OOr die skaap_edited.jpg

DIE DING MET DIE SKAAP

MAKSKAAP 
ontsag vir God + kinnerhartige gehoorsaamheid = PURPOSE 

MAAR DIE PERSOON WAT DOEN WAT GOD VRA SE PAD LOOP SAAM MET GOD DIE EWIGHEID IN.

1 Johannes 2:17


VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; 
en HY ROEP SY EIE SKAPE BY HULLE NAAM EN LEI HULLE UIT. EN WANNEER HY SY EIE SKAPE UIT GEBRING HET, LOOP HY VOOR HULLE UIT; EN DIE SKAPE VOLG HOM, OMDAT HULLE SY STEM KEN. 
Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. 
EK IS DIE GOEIE HERDER. 
Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie. 
EK IS DIE GOEIE HERDER, EN EK KEN MY EIE EN WORD DEUR MY EIE GEKEN. 
Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
Johannes 10:1‭-‬18

Ek bid nie dat dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die bose bewaar.

HULLE IS NIE VAN DIE WÊRELD NIE, NET SOOS EK NIE VAN DIE WÊRELD IS NIE.

Heilig hulle in U waarheid; U Woord is die waarheid.

Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek hulle ook in die wêreld gestuur.

En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Johannes 17:15-19

Daar's 'n oes om te ín.

Ons het werk om te doen.

PRODUKTE

Ammal het 'n Anners - Voorblad.jpg

Die STORIES
​AMMAL HET 'N ANNERS

Kontak ons gerus by 076 7686 078 of per epos na hello.makskaap@gmail.com om jou boek te bestel.

R150

 

​Ons geniet ons gate uit met die voorreg van deel wees van hierdie storie.

 

Ons stuur graag jou boek vir jou!

Langnek   .jpg

Die STORIES
LANGNEK

Bestel jou boek oor kinnerhartigeit vandag nog via whatsapp @ 076 7686 078 of per epos @ hello.makskaap@gmail.com

R150

 

Ooo dis lekkerte!

Ek knyp my nog oor die régtigeit daarvan dat ek dit wéér kon doen!

Dit blý mý énorme gróót voorreg!

IMG_20230317_103507_edit_32765123820572_edited.jpg

Die STORIES
AMMAL HET 'N ANNERS OUDIO

R50

Vir ons mede(kind)mens wat nógnie kan sien of lees nie. 

 

Ons het die ongelooflike voorreg gehad om die enig-in-sy-soort - die uwe STEPHANUS DU TOIT - te kon hê as leser van ons eerste Makskaap Storie.


Stephanus lees dit so presies ongelooflik fantasties soos hý self is - onopgesmuk, opreg en rustig met sy properste-radio-stem!


Duisend dankies Stephanus! Ons raak nie moeg om dit oor en oor te luister nie!


Ook 'n gróót dankie aan Reece & Michael van Levelhead vir jul puik werk aan hierdie opname en jul uber vriendelike en behulpsame diens! 

Ons is diép dankbaar!

Screenshot_20250311_143659_edit_24168195581039.jpg

Die KEP

R275

 

Beproef en geliefd deur ons Makskapers sélf, is hierdie keppe 'n gunsteling.

Beskikbaar in ​9 kleur-kombinasies.

°ensiem gewasde 100% katoen

°ongestruktureerde 6 paneel snit

°lae profiel met gekurfde piek

°brons klamp gespe verstelling

°3d borduring

 

Jy wíl een hê... ons wéét!

​​

Screenshot_20250311_143654_edit_24186770102177.jpg

Die SOK

R175


Ons eie cool sokkies!

 

Opsies -

1. Jy's Awesome

2. Deurmekaar-sokke

*Geel - Fiksskaap

*Blou - Ruimteskaap

*Pienk - Vakansieskaap

 

Groottes -

#4-7

#8-12 

Hierdie élke-dag-sokkie, met versterkte haak en toon area, bied ekstra gemak en beskerming vir hierdie hoë wrywing areas teen blase, terwyl die sybokhaar mengsel materiaal temperatuur en vog beheer om jou voete koel en droog te hou deur die dag. 
Hierdie uber awesome sokkies met die cool Makskaap moetief is ook geskik vir ligte sport aktiwiteite soos fietsry, stap en draf. 


Johannes 17


Híér, maar nie ván hier - op 'n 'missie' in en vir Hom en Koninkryk.
Laat ons voete bereid wees om te en ons harte in Waarheid gaan waar Hy ons ookal stuur!

 

Maar nou kom Ek na U toe;
en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.

Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in u waarheid;
u woord is die waarheid.
Soos U my gestuur het in die wêreld,
het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
Johannes 17:13‭, ‬16‭-‬18


Maak séker jy het ten minste 1 paar van die lieflike sokkies in jou kas.

Screenshot_20250311_143706_edit_24149193273963.jpg

Die HANDDOEK

R320

 

Met Betta amptelik in ons area se groot-swembad-oefen-swemspan, het ons gereken ons eie awesome handdoeke vir al die lammers wat kan swem is 'n blinkste plan!

Ons het kleure by ons ontwerp gesit en ons klante gevra om te help kies :)

Die wenner was ons beaulas pienk handdoek met swem aspris anners gespel... want ons kan!

Ek reken ons mag dalk met elke print-rondte 'n ander kleur moet doen, want hulle is ammal soooo mooi!

Gemaak deur die baie gewilde BOBUMS span, is hierdie handdoek 'n absolute moet!

1m x 1.6m

liggewig-kompak vir die inpakslag

masjien-wasbaar

raak blitsvinnig droog

absorbeer water goed

100% herwinde materiaal

....dus - geen nat stink handdoeke in die swemsak meer!

ons weet...

Dis ons groot plesier Mammas!


The Courier Guy laai dit by jou voordeur af of PUDO & PAXI bring dit tot in jou dorp!!

​#dieLAMMERswem #OnsSwemDatDieStofSpat #DieSwartlandLammers

​#mêêê(ws) | #swêêêm

Geskenkbewys_20250311_105027_0000.png

Die GESKENKBEWYS

Wanneer jy kopkrap oor watter een van ons awesome Makskaap-produkte jy vir iemand wil gee, dan maak ons dit vir jou maklik & mooi met ons beaulas geskenkbewyse.


Ons kan dit vir jou elektronies stuur of so in sy koevert gereed kry!

Want gee is lekkerrr!

IMG_20250113_155545_edit_21707661121248.jpg

Die NAAMBORD

Pryse op aanvraag

Ek is diép lief vir 'n naam en sy betekenis(se).

Ek soek op en gaan vind uit joune beteken, doen die uitleg en sit dit op 'n canvas (tipe en grootte) van jou keuse met 'n olieverfpen.

[A3 is my gunsteling grootte om mee te werk]

Ek help jou gráág!

MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel:

Wees nie bevrees nie,

want Ek het jou verlos;

EK HET JOU BY JOU NAAM GEROEP;

JY IS MYNE!

Jesaja 43:1

Screenshot_20250311_174647.jpg

AFLAAI

R110
 

Ons maak gebruik van The Courier Guy deur-tot-deur ENIGE plek in ons land binne 5 werksdae!
Veilig en maklik en met liefde!

of

vanaf R70

Sit ons dit vir jou in 'n PUDO boks indien jou dorp stasies het!

You're welcome :)

Die WINKELS

#DieSkaapGaanWinkelsToe

 

Ons het die voorreg om rakspasie in van die mooiste winkels te mag volmaak.

In die Noord-Kaap staan ons trots op AITSA in Upington se rakke.

In die Swartland is ons uitgepak in die gewilde PIQUET COLLECTIVE winkel in Piketberg.

Kontak ons gerus indien jou winkel óók van ons produkte op jul rakke wil hê  - ons gesels gráág oor die moontlikheid.

Andersins - gaan loer gerus in by hierdie lieflike winkels.

ps... Hulle personeel en diens is net so awesome soos hulle produkte!

KRAAL-DINGE

Screenshot_20250311_143735_edit_24424491414430.jpg

​BLOM
Lippies

​R50 I R55

Ons Blom EllieSufie líéf geskenkies gee en vletter altyd met 'n 'iets' vir iemand maak.

 

Ons 2 het koppe bymekaargesit om dít wat sy geniet om te doen, in te span vir tuisskool-krediete vanjaar. 

 

Ons gesin gebruik jare reeds essensiële olies en is híérdie Blom vreeslik lekker natuurlike produkte (4 geure lippies) aan te maak - lieflik vir die tiener girlies (én ons mammas óók).

 

5g chapstick-stafies LIPPIES @ R50 elk in geure:
× máshjâbbel [malvalekker] 
× borrelgom [bubblegum] 
× waatlemoen

× somer (kokosneut geur) met shimmer @ R55 in kleur opsies: 
1. sagte appelkoos of 
2. blos aarbei pienk

 

Suiwer bestandele:
byewas | soet amandelolie | jojoba olie | vit. E olie | mangobotter | geurolie

In beaulas verpakking! 

MAKSKAAP onderskryf gráág hierdie Blom se inisiatief. 

 

​​

Screenshot_20250312_091439_edit_55590663667073.jpg

HOEFNOTA

We can do it!

Ons bly leer, bly groei, bly onsself uitdaag om iemand beter te wees as die 'ek' van die dag tevore, sodat die wêreld 'n beter-mooier plek mag wees! 


Ons moedig mekaar aan met HOEFNOTAS op Instagram

https://instagram.com/makskaap

Maar as jy dit via whatsapp wil ontvang, sit ons jou graag op die Makskaap Broadcast-groep,

jy laat ons net weet @ 076 7686 078! 

Meester hét ons!

Screenshot_20250111_195739.jpg

KRAALLID

Ondersteuners

So af en toe sê ons dankie vir dié van julle wat gereeld by ons inloer en ondersteun óf 'oor-die-lyne' aanskaf en laat pos.

Ons hou jou bestelnommer op ys vir die trekkingslys... wié weet, jy's dálk net die volgende gelukkige een om ietsie Makskaap ala pasella te ontvang!

Dankie vir jou ondersteuning, ons waardeer dit!

Screenshot_20250311_113441_edit_17822308972574.jpg

KONTAK ONS

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!

Loer gerus ook in op ons media-blad -
https://instagram.com/makskaap

Skryf vir ons by hello.makskaap@gmail.com of gee ons 'n luitjie op 076 7686 078. 

Ons gesels gou!
Tot dán... onthou Meester hét jou!
Landé x

Die SKILLERY

Pryse op aanvraag

Mrs. Skaap Skiller

Ek het end 2023 'n olieverf-kwas opgetel om 'n skillery te probeer. 

Dit was só lekker, toe probeer ek wéér.
Met die afskop van 2025 sit ek hand aan die akriel, net omdat dit in dié mooiste buise helder kleurvolgeit kom.

Mrs. makSKAAP geníét nou dié bont geSKILLERy terdeë!

 

Ons huis het nét sóveel hangplek en dié stokperdjie is effe duur, so nou bied ek my geskillery aan om teen 'n gelletjie te kom hang teen jóú muur!

Kontak my gerus indien jy na van die skiller-stukke wil tuur.

 

Beskikbaar -

1. Staan.de

(wolk) 1,8 x 1,2m - Olie

Die res het rééds huis óf hang iewers teen ons huis se mure!

DiÉ KRAAL SE BEDRYFSURE

Ma. - Vr. 9vm - 1nm 
Naweke en vakansiedae is die kraal se skape van diens af! 

Stap saam op Instagram

Piketberg
Swartland
WES-KAAP

076 7686 078

  • Instagram
Screenshot_20250311_113441_edit_17822308972574.jpg

©2021 by Makskaap.

bottom of page